Die kleurvolle mense van Bbos …. paar onthou-stories

Sharing is caring!

 

Oom Joon se parskuipe vandag
Klein biekie wyn..

“Ek het in laat 50′ s nog gesien hoe word druiwe eers met ou handpars wat op Bo winkel se stoep gestaan het fyn gemaal. Dan word sap en doppe afgedra in sink emmers na die ou parskuip en daarin gegooi en vir week laat gis. Dan is dit onder uitgetap en in vate in my Oupa Stoffel se kelder in vate gegooi. Mens na so twee maande dan word daai suur mos gedrink. My Oupa het vreeslik jig in sy hande gehad. Dan kom dr van Napier. Gee hom inspuiting. More is hande reg. More aand dan vat hy maar weer suur mos. Ja, ou Baarskeerdersbos. Lankal nie meer wat dit was nie.
Ek weet nog presies waar het watse vrugte bome gestaan. Waar die wingerd was. Die dam waar hulle die vate laat uitswel het.( laas gesien dam is nog effe daar). Oupa Stoffel se lemoenboom bos. Oom Joon se suurlemoen bome, die wat jy soos lemoen kon afskil.

Vrolike weduwees van Baardskeerdersbos- Landbouweekblad voorblad
Vrolike weduwees van Baardskeerdersbos- Landbouweekblad voorblad
Johannes Pampoentjie en die petrol spook

Ook dat daar een middag ‘n Chev of Ford kar by Ant Dienie se Bo Winkel uitgebrand het. Drie jong mans het petrol met die handpomp met groot glase in trekker se tenk op agter sitplek van kar ingepomp. Een het vuurhoutjie getrek vir siggaret en petrolgas wat buite kar en in kar was het ontplof. Snaaks die kar het net binne uitgebrand. Ek nie seker meer nie maar ek dink een was Johannes Pampoentjie. Selfs petrol in tenk binne het nie ontplof nie. My pa het ( ek was saam ) een of twee van mans Napier dr toe gery met sy twee ton Bedford lorrietjie want een se bene en ander se arms was gebrand. Ons het met sink emmers uit water sloot die brand in kar dood gekry. Ons het oorkant die winkel in huis met blou dak vandag gebly. My ma het poskantoor gehad voor Oom Pietertjie se vrou.. Figuurlik gesproke sal ek my siel verkoop vir stuk varkbloed met custard. Ai ja was goeie dae.

Oom Joon se kelder

So was daar een Sat nag by Oom Joon se kelder ( syne was op hoek van winkel na water sloot se kant toe ingebreek en mos wyn uitgetap. Eers kom polisie man van Elim ( die polisiestasie daar is vervalle gebou ). Nee se hy speurder moet van Bredasdorp kom. Hy kom later middag nogal met sy bloedhond daar aan. Ek het Sat oggend daar in sloot naby die wasboom em tafel in uitkeer sloot gespeel. Gaan die speurder mos en maak my spore in sloot met twee houtkissies toe. Mens ek hardloop huis toe en gaan kruip onder bed weg. My pa het my kom soek toe se ek speurder het my spore in water sloot toegemaak. Kyk hier daai tyd was jy k bang vir poliesman wat nog van speurder met bloedhond. Ja goeie tye gewees.

Dit-is-oupa-stoffeljie-jonas-se-huis-
Oupa Stoffeltjie Jonas se huis
Witblits en wyn

Baardskeerdersbos het tot soveel as nege wynkelders gehad met vyf stook ketels.
Parstyd en stooktyd was n belangrik bedrywigheid en n hoogtepunt vir elke Bbosser. Tot vandag is Witblits n gewilde drankie op die dorp. Enige denkbare kruie was bygevoeg soos bv. Anys, boegoe, naeltjies, lemoenskille, perskes en rooihoutjie wortels.
Hanepoot en Chenin Blanc druiwe was gebruik. Vandag sien jy nog oral ou murasies van kuipe. Op Boesmansrivier by Gerhardt De Wet het n Kelder mooi behoue gebly. Dit was die Slanghoekkelder. Ja as al die glassies vol Witblits was, wie wil dan water he.

Baardskeerdersbos kerk

Ant Luitjie se kerkklok

Die kerkklok het sy eie storie.
Baardekeerdersbos se NG –gemmente was eers deel van Stanford, maar het n behoefte gehad aan in eie gemeente. ? Sekere tant Luitjie het toe n sturk van haar grod geskenk sodat daar n kerk vir die inwoners van Bbos gebou kon word. So gemaak en in 1922 staan daar n splinernuwe kerk. Dit het nie lank geneem voor die jongklomp besluit het dat die kerk n ideale plek sou wees vir volkspele.
Tant Luitjie was vreeslik ontsteld oor hiedie “losbandigheid”. Sy voorspel toe vervloekend dat die mure van die kerk gaan inval, nes die Bybelse Jericho van ouds. Na tant Luidjie se heengaan het dit op n stadium vreeslik gereën en weliswaar tuimel die kerk se dak en mure inmekaar… kompleet soft ant Luitjie se voorspelling sou waar word! Die Bbossers moes toe die kerk herbou.

Een nag, om middernag, begin die kerkklok toe nou lui… mense het in hul nagkebaaie uitgestorm en die skuldige begin soek, maar niemand kon iets sien of kry nie. Almal het geglo dis tant Luitjie wat nie tot ruste kon kom nie.
Die klok se middernagtelike geluiery het vir baie lank aangehou en die “spokery” het groot marakkas op Bbos veroorsaak. Die lewens wat die BeeBossrs gelei het, het skielik baie skoner geraak.

Rooi Laventel en Versterkdrupples was in elke huis te vind. Perdehoewe is bokant die voordeure vasgekap en die meeste van die witbltsketel was vir eers weggesit- skielik was die kerkie elke Sondag stampvol en die kollektes oordadig en mildelk! En toè…hou dit skielik op. Die klok was stil.

Original “Ant Luitjie se kerkklok” article: Lizette Payne

Die Beebossers het die skielike stilte glad nie vertrou nie en bang gewag vir wat volgende dalk gaan gebeur. Bang het naderhand verander in versigtig en mettertyd was versigtig by die agterdeur uit. BBos het weer sy normale gang gegaan. En alles was rustig. Die witblitsketels is uitgehaal uit die wegsteekplekkeen het werk gerky, die goewerment se man het weer op die wegsteekketels toegeslaan en die jongmense was weer net so “losbandig” as wat tant Luitjie beweer het. Alaml was maar net te dankbaar dat tant Luitjie uiteindelik rus en vrede gevind het.

Die rede vir die skielike middernagtelike stilte was natuurlik dat die kwajong-klokluiers ouer geraak en BBos verlaat het om op ander plekke te gaan werk. Baie jare later ontmoet die twee middernagtelike klokluiers- toeal albei afgtrede mane- mekaar toevallig een dag op Bbos en hulle raak aan die kuier. Laat die nag besluit hulle om vir oulaas weer die klok te loop lui. Swaar gekwes van die kuiery is die twee ou manne kerkklok toe, maar nog voor hulle nog behoorlik by die klok is, begin die klok vanself te lui..!
Heeltemal binne-in n ander bloedgroep geskrik het die ou manne die stukke ingesit en gehol..want die kolk het die eers n tou gehad nie!

The church on Baardskeerdersbos has since been declared a National Monument.

Baardskeerdersbos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *